Duiwelse Dans (Afrikaans)

Duiwelse Dans (Afrikaans)

Na aanleiding van 'n wonderlike nuwe tegnologie wat ontwerp is om mense slimmer te maak, vind 'n reeks grusame moorde plaas, en 'n raaisel ontwikkel wat so donker is dat dit almal bedreig.

  • GOUE MEDALJE WENNER: Lesers se gunstelingboektoekennings - Christen - Fantasie/wetenskapfiksie

’n Oorlog broei tussen engele en demone, en of ons daarvan hou of nie, ons sal almal kant moet kies. Steven Cabbott, 'n Nefilim gebore uit 'n gevalle engelvader en 'n menslike moeder, het die kant van die engele gekies, 'n eienaardige besluit vir 'n moordenaar soos hy.

Nogtans het 'n engel hom belowe dat verlossing moontlik is - selfs vir hom - en die engel het krygers aan sy kant nodig gehad. Het hy die waarheid vertel? Steven hoop so, maar weet nie wie om te vertrou nie. Hy moet nietemin die raaisel agter 'n reeks grusame moorde oplos voordat dit te laat is, want hy is seker van hierdie een ding: almal se siel is op die spel.

As jy van Jim Butcher, Michael Anderle, Shayne Silvers of K.F. Breene hou, sal jy mal wees oor die bekroonde "’n Nefilim Riller"-reeks.

EVOLVED PUBLISHING BIED 'n intrigerende, opwindende blik binne die groot stryd tussen goed en kwaad, wat moontlik lei tot die Einde van Dae, met die tweede boek in die veelvuldige bekroonde "’n Nefilim Riller" se bonatuurlike rillers. [DRM-vry]

US Review of Books sê: “Hierdie tweede boek in die skrywer se ‘’n Nefilim Riller’-reeks trek steeds lesers in sy bonatuurlike distopiese storielyn met sy vinnige aksie, kreatiewe intrige en goed ontwikkelde karakters. Die skrywer duik dieper in en brei uit op die godsdienstige, mitologiese oorlewering van engele en demone en slaag daarin om dit tasbaar en herkenbaar te maak sonder om te duidelik vals te wees. Die idee dat tegnologie as 'n voertuig vir die kwaad gebruik kan word, is 'n ou konsep, maar dit is besonder gepas en slim in hierdie roman."

Order Now!
Other Books in "Nefilim Riller"
About the Book

Toekennings gewen vir die Engelse weergawe

Readers' Favorite - Gold Medal

—–

Readers’ Favorite Book Award 2019 – Gold Medal:
Fiction – Christian – Fantasy/Sci-Fi

—–

~~~~~

Die span

Jeff Altabef – Skrywer
Kimberly Goebel – Redakteur
Robb Grindstaff – Senior Redakteur
D. Robert Pease – Voorblad Kunstenaar
Lane Diamond – Binne Ontwerper
Charnell van der Westhuizen – Vertaler na Afrikaans

Details
Author:
Series: Nefilim Riller, Book 2
Genres: 5.99 eBooks, Afrikaans, Fantasy > Religious, Religious, Thriller / Suspense
Tag: eBook
Publisher: Evolved Pubishing
Publication Year: 2023
Format: eBook
Length: 100 039 woorde
ISBN: 9781667465463
List Price: Slegs e-boek $5.99 USD
Sign up for Updates